
GIPF verloor N$815 in SA-belegging
Loading player...
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds, GIPF, het 'n verlies van 815 miljoen Namibiese dollar gely uit sy belegging in die Suid-Afrikaanse Signal Structured Finance Fund. Die verlies volg op 'n belastinggeskil met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, maar die fonds sê die impak is minimaal en verteenwoordig slegs 0,4 persent van sy bates. Hy verseker lede dat die fonds sterk en ten volle befonds bly. Kosmos 94.1 Nuus het met Katrina Sikeni, GIPF se bestuurder vir belanghebberbetrokkenheid gepraat.

