Hy hou jou vas

Loading player...
Vandag se gas, Juliana Liut, ’n toegewyde eggenoot, ma en onderwyseres en ’n passie om vroue te ondersteun wat deur die pyn van miskraam, stilgeboorte of babasterftes gaan, kom vertel haar storie. Na vier hartverskeurende miskrame het Juliana self deur die donker vallei van rou gestap – maar dit was juis in haar grootste en donkerste pyn dat God Sy helende hand oor haar uitgestrek, en nuwe hoop in haar binneste laat opstaan het.
7 Nov 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Stap jou pad met geloof

Vir baie jare teken Ria Ludick groot geloofsgebeure in haar familie aan, en in 2011 besluit sy om alles in ’n boek saam te vat. Dit is egter eers nadat sy afgetree het in 2023, dat sy in volle erns begin skryf en haar boek Geloofspad, uiteindelik die lig sien…
30 Oct 27 min

Jou wierookoffer

Billy Graham het gesê dat ware gebed nie net iets is wat jy in noodgevalle gebruik nie, maar dat dit eerder ’n lewenswyse behoort te wees. Maak ’n gewoonte daarvan, en wanneer ’n noodgeval wel opduik, sal jy reeds in oefening wees om te bid. Soms het ons egter so…
23 Oct 28 min

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min