Radio Pulpit Die Christen Reis

Die Christen Reis

Die Christen Reis, aangebied deur Madeleine Venter, is ’n inspirerende program wat gelowiges toerus en bemoedig op hul geestelike pad. Elke week word temas soos geloof, genade, volharding en die daaglikse wandel met Christus verken. Deur Bybelse insigte, getuienisse van gelowiges wat ook op hierdie reis is, en praktiese raad, word elke luisteraar gehelp om nader aan God te leef en Sy doel vir sy / haar lewe te ontdek. Elke Christen is op ’n reis — een van groei, uitdagings en oorwinning. Kom luister elke Vrydag oggend om 9h00, en laat jou geloof versterk word terwyl ons saam stap op die pad wat deur Christus self voorberei is.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality
7 Episodes

Met die Here se hulp kan ons weer opstaan

Vandag gesels Madeleine Venter met oud-Springbokrugbyspeler Jannie du Plessis en sy vrou Ronel. Op 16 November, 2021 het dít wat elke ouer vrees gebeur toe Jannie en Ronel se 10 maande oue babaseuntjie, Jan-Nataniël, verdrink het. Hulle het egter met die Here se hulp weer opgestaan, en is vandag ’n…
21 Nov 1 hr 18 min

Ons lewe deur die Gees

Ons lewe deur die Gees, daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal - Gal. 5:25 Hoe lyk ’n leefstyl wat deur die Heilige Gees bepaal word? Ons gesels oor waarom Jesus die Heilige Gees gestuur het, hoe jy die Vrug van die Gees prakties kan uitleef, en die verskillende…
14 Nov 1 hr 19 min

Hy hou jou vas

Vandag se gas, Juliana Liut, ’n toegewyde eggenoot, ma en onderwyseres en ’n passie om vroue te ondersteun wat deur die pyn van miskraam, stilgeboorte of babasterftes gaan, kom vertel haar storie. Na vier hartverskeurende miskrame het Juliana self deur die donker vallei van rou gestap – maar dit was…
7 Nov 1 hr 26 min

Die vrug van jou arbeid

Vandag gesels ons oor Die vrug van jou arbeid. Is dit moontlik om vreugde in jou werk te vind? Mag jy maar die vrug van jou arbeid geniet?
31 Oct 1 hr 19 min

Die Kragtige Woord van God

Die kragtige Woord van God. Dr. Gerrie v Deventer deel sy insig en kragtige getuienis oor die rol van God se Woord in sy lewe. Kom luister saam na getuienisse wat luisteraars oor hulle spesiale Skrifgedeeltes gedeel het
24 Oct 1 hr 30 min

Deel liefde uit

Ons tema vir die week is, Deel liefde uit. Wat word van jou as Christen verwag wanneer dit kom by liefdadigheid, en hoe gee mens met die regte gesindheid?
17 Oct 1 hr 28 min

Gebruik wat jy het

Vandag se tema is Gebruik wat jy het. Die Here het unieke karaktereienskappe en talente vir jou gegee waarmee jy Hom kan dien net daar waar jy is.
10 Oct 1 hr 25 min