Sy wonderlike skepping

Loading player...
Madeleine gesels met Mias van Jaarsveld, die besturende redakteur van CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice. Hierdie publikasie was vanjaar die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutu Prys.
Sy gesels ook met Fay van Eeden, ’n dominee by NG Kerk Stellastraat in Pretoria, oor haar artikel wat in die publikasie opgeneem is.
Fay is welbekend vir haar toeganklike en praktiese leerstellings oor ekologiese teologie wat ’n brug bou tussen akademiese insig en elke dag se leefstyl, en sy deel praktiese maniere vir ’n meer omgewingsvriendelike leefstyl.
14 Aug Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min

Jy is nie meer ’n slagoffer nie

Agtien jaar gelede het die foto van ’n 17 jarige meisie wat vermis word, mense se harte aangeraak. Vandag is Natalie le Roux 'n entrepreneur, skrywer, spreker en uitgesproke gelowige wat nie bang is om die rou waarheid van haar lewe te vertel nie. Sy deel haar kragtige getuienis met…
18 Sep 28 min

Hy stap saam deur elke seisoen

Pastoor Clete Stevis en sy vrou Luzette, het in 2008 die bediening, Grace Outreach Ministries Africa (GOMA) gestig. Madeleine gesels met Luzette oor die bediening, en veral oor die lewensveranderde kampe wat hulle vir die laaste veertien jaar al aanbied. Luzette kan werklikwaar getuig van God se getrouheid tydens elke…
11 Sep 30 min