Ontdek jou stem

Loading player...
Wonder jy ook wat jou unieke rol in God se koninkryk is? Het jy al jou stem ontdek? Wil jy weet hoe jy met selfvertroue jou funksie as lid van Christus se liggaam kan uitvoer?
Madeleine gesels met bekroonde outeur en spreker, dr. Megan Bruiners, hieroor. Sy deel ook waarhede uit die Skrif oor die unieke rol wat jy het om te vervul in God se koninkryk.
17 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min

Jy is nie meer ’n slagoffer nie

Agtien jaar gelede het die foto van ’n 17 jarige meisie wat vermis word, mense se harte aangeraak. Vandag is Natalie le Roux 'n entrepreneur, skrywer, spreker en uitgesproke gelowige wat nie bang is om die rou waarheid van haar lewe te vertel nie. Sy deel haar kragtige getuienis met…
18 Sep 28 min

Hy stap saam deur elke seisoen

Pastoor Clete Stevis en sy vrou Luzette, het in 2008 die bediening, Grace Outreach Ministries Africa (GOMA) gestig. Madeleine gesels met Luzette oor die bediening, en veral oor die lewensveranderde kampe wat hulle vir die laaste veertien jaar al aanbied. Luzette kan werklikwaar getuig van God se getrouheid tydens elke…
11 Sep 30 min