
SA regering 'moet dringend landdroste se kommer hanteer'
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die stelselmatige en uitgerekte verwaarlosing van diensvoorwaardes, vergoeding en die institusionele status van laerhof-regters. Wes-Kaapse landdroste het verlede week betoog en eis erkenning as deel van ʼn enkele regbank, aansienlike salarishervorming en beter werkstoestande. Claude Naiker van die vakbond sê landdroste moet beskerm word, want hulle hanteer sowat 95-persent van Suid-Afrika se regs-werkslading:

