Die departement van gesondheid het die publiek gerusgestel en gesê daar is geen rede tot paniek na die dood van drie mense wat ná 'n Atlantiese vaart positief getoets het vir die hantavirus. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes doen kontakopsporing, terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n internasionale reaksie lei om die…
Mercedes-renjaer Kimi Antonelli het die Miami Grand Prix gewen en spog nou met sy derde agtereenvolgende wedren-sege. Die 19-jarige Italianer het Lando Norris van McLaren uitgestof en loop nou met 20 punte voor op die wêreldkampioenskap se punteleer. McLaren-renjaer Oscar Piastri is derde en Antonelli se spanmaat, George Russell, vierde…
Die woordvoerder van die Activists and Citizens Forum, Dennis Bloem, sê die Pretoriase voorstad Sunnyside is skynbaar oorgeneem deur buitelandse burgers, met bewerings van wydverspreide wetteloosheid en dwelmaktiwiteite. Inwoners beweer geboue is gekaap en misdade, insluitend uitbuiting en dwelmaktiwiteite, word gepleeg sonder polisie-optrede. Bloem doen 'n beroep op die dringende…
Visepresident Lucia Witbooi sê haar besoek Sondag aan Hyphen Energy-projek in die Tsau ||Khaeb Nasionale Park het Namibië se verbintenis tot verantwoordelike ontwikkeling herbevestig. Sy het beklemtoon dat ekonomiese vooruitgang hand aan hand moet gaan met omgewingsbeskerming en die bewaring van kulturele erfenis. Witbooi het die belang van betekenisvolle deelname…
Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.