ANC stres oor burgers wat na oorloë gelok word

Loading player...
Die ANC is diep bekommerd oor noodoproepe deur 17 Suid-Afrikaanse burgers wat tans vasgekeer is in die konflikgebied in die Donbas-streek van Oekraïne. Volgens berigte is sestien mans van KwaZulu-Natal en een uit die Oos-Kaap gelok om by gewapende magte in die Rusland-Oekraïne-konflik aan te sluit, onder die dekmantel van winsgewende werksgeleenthede. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu waarsku Suid-Afrikaanse burgers teen deelname aan buitelandse gewapende magte of die verlening van militêre bystand aan buitelandse regerings sonder magtiging:
9 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA herbevestig Universele Gesondheidsdekking as globale hoeksteen

Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi sê die G20-presidentskap het die sentraliteit van Universele Gesondheidsdekking as die hoeksteen van globale gesondheid herbevestig. Motsoaledi het gepraat tydens die afsluiting van die G20-gesondheidswerkgroepvergadering in Polokwane, Limpopo. Die minister sê hulle het in alle streke gesien dat lande wat in sterk, billike gesondheidstelsels belê, beter toegerus…
9 Nov 10PM 1 min

Norris wen in Sao Paolo

McLaren-renjaer Lando Norris het die Sao Paulo Grand Prix gewen en sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap tot 24 punte bo spanmaat Oscar Piastri vergroot. Kimi Antonelli van Mercedes het tweede klaargemaak en Max Verstappen van Red Bull wat uit die kuipebaan weggespring het, derde. George Russell van Mercedes was vierde…
9 Nov 10PM 1 min

Ankit Gems-fabriek hupstoot vir plaaslike verwerking

Die waarnemende minister van nywerheid, mynbou en energie, Frans Kapofi, het Vrydag die nuwe Ankit Gems Namibia-fabriek ingewy. Dit is 'n hupstoot vir werkskepping en industriële groei. Die multimiljoen-Namibiese-dollar-fasiliteit beloof om plaaslike verwerking te verbeter en Namibië as 'n sterker speler in die globale edelsteenmark te posisioneer. Kapofi is aan…
9 Nov 5AM 1 min

'Trump word disinformasie oor SA gevoer'

Die GOOD Party sê dis 'n jammerte dat die Amerikaanse president Donald Trump aangekondig het dat hy nie by die G20-leiersberaad verteenwoordig sal wees wanneer Suid-Afrika die presidentskap van die G20 aan die Verenigde State oorhandig nie. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit lyk asof Trump hierdie besluit geneem…
9 Nov 4AM 1 min

Pous Leo moet kom kuier, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê sy eerste ontmoeting met Pous Leo XIV in die Vatikaan is besonder betekenisvol, aangesien dit Suid-Afrika se eerste hoëvlak-betrokkenheid met die nuut aangestelde Pous verteenwoordig. Ramaphosa sê sy verkiesing as Pous in Mei vanjaar het 'n belangrike geleentheid gebied om bilaterale betrekkinge met die Pous te…
9 Nov 3AM 1 min