
Ankit Gems-fabriek hupstoot vir plaaslike verwerking
Loading player...
Die waarnemende minister van nywerheid, mynbou en energie, Frans Kapofi, het Vrydag die nuwe Ankit Gems Namibia-fabriek ingewy. Dit is 'n hupstoot vir werkskepping en industriële groei. Die multimiljoen-Namibiese-dollar-fasiliteit beloof om plaaslike verwerking te verbeter en Namibië as 'n sterker speler in die globale edelsteenmark te posisioneer. Kapofi is aan die woord.

