Norris wen in Sao Paolo

Loading player...
McLaren-renjaer Lando Norris het die Sao Paulo Grand Prix gewen en sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap tot 24 punte bo spanmaat Oscar Piastri vergroot. Kimi Antonelli van Mercedes het tweede klaargemaak en Max Verstappen van Red Bull wat uit die kuipebaan weggespring het, derde. George Russell van Mercedes was vierde en Piastri vyfde, nadat hy gestraf is omdat hy ʼn botsing veroorsaak het. Norris beskryf dit as die perfekte naweek nadat hy Saterdag ook die snelwedren gewen het:
9 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vlugte in VSA in erge gedrang

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, waarsku die situasie gaan vererger omdat gekanselleerde vlugte en vertragings gaan toeneem. Byna 3 000 vlugte na, van en in die Verenigde State is die naweek gekanselleer nadat die Federale Lugvaartadministrasie vlugte by 40 van die land se besigste lughawens ingekort het. Duffy…
10 Nov 12AM 1 min

SA se Jarvis vat eerste Sonskyntoer-titel

Casey Jarvis van Suid-Afrika het sy eerste Sonskyntoer-titel by die Hyundai Ope op die Ebotse Golf and Country Estate in Benoni gewen. Die 22-jarige het klaar gemaak met 68 op 23 onder baansyfer. Sy vriend en landgenoot Ryan van Velzen het tweede geëindig op 22 onder. Die Sonskyntoer-groentjie Warwick Purchase…
10 Nov 12AM 1 min

Ombud se fokus op hekseryverwante misbruik, verwelkom

Die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, het die Ombudsman se besluit om hekseryverwante misbruik aan te spreek, verwelkom en dit 'n stap in die regte rigting genoem. Holtzhausen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat meer bewustheid dringend nodig is om die vrees, stigma…
10 Nov 12AM 1 min

Landdroste sê nee, sloerstaking duur vandag voort

Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word…
9 Nov 11PM 1 min

Bloedvoorrade is uiters laag, skenk as jy kan

Namibië se nasionale bloedvoorraad het tot kritieke vlakke gedaal, wat die Bloedoortappingsdiens van Namibië noop om 'n dringende beroep op skenkings te rig. Volgens woordvoerder Frieda Vatileni-Asino kan die huidige vlakke slegs vyf dae dek. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is pasiënte in hospitale landwyd wat onmiddellike…
9 Nov 11PM 1 min