SA herbevestig Universele Gesondheidsdekking as globale hoeksteen

Loading player...
Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi sê die G20-presidentskap het die sentraliteit van Universele Gesondheidsdekking as die hoeksteen van globale gesondheid herbevestig. Motsoaledi het gepraat tydens die afsluiting van die G20-gesondheidswerkgroepvergadering in Polokwane, Limpopo. Die minister sê hulle het in alle streke gesien dat lande wat in sterk, billike gesondheidstelsels belê, beter toegerus is om siektes te voorkom, op noodgevalle te reageer en inklusiewe groei te bevorder:
9 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vlugte in VSA in erge gedrang

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, waarsku die situasie gaan vererger omdat gekanselleerde vlugte en vertragings gaan toeneem. Byna 3 000 vlugte na, van en in die Verenigde State is die naweek gekanselleer nadat die Federale Lugvaartadministrasie vlugte by 40 van die land se besigste lughawens ingekort het. Duffy…
10 Nov 12AM 1 min

SA se Jarvis vat eerste Sonskyntoer-titel

Casey Jarvis van Suid-Afrika het sy eerste Sonskyntoer-titel by die Hyundai Ope op die Ebotse Golf and Country Estate in Benoni gewen. Die 22-jarige het klaar gemaak met 68 op 23 onder baansyfer. Sy vriend en landgenoot Ryan van Velzen het tweede geëindig op 22 onder. Die Sonskyntoer-groentjie Warwick Purchase…
10 Nov 12AM 1 min

Ombud se fokus op hekseryverwante misbruik, verwelkom

Die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, het die Ombudsman se besluit om hekseryverwante misbruik aan te spreek, verwelkom en dit 'n stap in die regte rigting genoem. Holtzhausen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat meer bewustheid dringend nodig is om die vrees, stigma…
10 Nov 12AM 1 min

Landdroste sê nee, sloerstaking duur vandag voort

Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word…
9 Nov 11PM 1 min

Bloedvoorrade is uiters laag, skenk as jy kan

Namibië se nasionale bloedvoorraad het tot kritieke vlakke gedaal, wat die Bloedoortappingsdiens van Namibië noop om 'n dringende beroep op skenkings te rig. Volgens woordvoerder Frieda Vatileni-Asino kan die huidige vlakke slegs vyf dae dek. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is pasiënte in hospitale landwyd wat onmiddellike…
9 Nov 11PM 1 min