
Bloedvoorrade is uiters laag, skenk as jy kan
Loading player...
Namibië se nasionale bloedvoorraad het tot kritieke vlakke gedaal, wat die Bloedoortappingsdiens van Namibië noop om 'n dringende beroep op skenkings te rig. Volgens woordvoerder Frieda Vatileni-Asino kan die huidige vlakke slegs vyf dae dek. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is pasiënte in hospitale landwyd wat onmiddellike bloedoortappings benodig.

