Bloedvoorrade is uiters laag, skenk as jy kan

Loading player...
Namibië se nasionale bloedvoorraad het tot kritieke vlakke gedaal, wat die Bloedoortappingsdiens van Namibië noop om 'n dringende beroep op skenkings te rig. Volgens woordvoerder Frieda Vatileni-Asino kan die huidige vlakke slegs vyf dae dek. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is pasiënte in hospitale landwyd wat onmiddellike bloedoortappings benodig.
9 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hantavirus: SA-owerhede sê geen rede tot paniek nie

Die departement van gesondheid het die publiek gerusgestel en gesê daar is geen rede tot paniek na die dood van drie mense wat ná 'n Atlantiese vaart positief getoets het vir die hantavirus. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes doen kontakopsporing, terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n internasionale reaksie lei om die…
4 May 11PM 1 min

Kimi vat sy derde in Miami

Mercedes-renjaer Kimi Antonelli het die Miami Grand Prix gewen en spog nou met sy derde agtereenvolgende wedren-sege. Die 19-jarige Italianer het Lando Norris van McLaren uitgestof en loop nou met 20 punte voor op die wêreldkampioenskap se punteleer. McLaren-renjaer Oscar Piastri is derde en Antonelli se spanmaat, George Russell, vierde…
4 May 11PM 1 min

Sunnyside ontaard in misdaadnes, sê forum

Die woordvoerder van die Activists and Citizens Forum, Dennis Bloem, sê die Pretoriase voorstad Sunnyside is skynbaar oorgeneem deur buitelandse burgers, met bewerings van wydverspreide wetteloosheid en dwelmaktiwiteite. Inwoners beweer geboue is gekaap en misdade, insluitend uitbuiting en dwelmaktiwiteite, word gepleeg sonder polisie-optrede. Bloem doen 'n beroep op die dringende…
4 May 6AM 1 min

Ontwikkeling moet verantwoordelik wees, sê Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi sê haar besoek Sondag aan Hyphen Energy-projek in die Tsau ||Khaeb Nasionale Park het Namibië se verbintenis tot verantwoordelike ontwikkeling herbevestig. Sy het beklemtoon dat ekonomiese vooruitgang hand aan hand moet gaan met omgewingsbeskerming en die bewaring van kulturele erfenis. Witbooi het die belang van betekenisvolle deelname…
4 May 6AM 1 min

ISAP se Junior Rangers woeker in bos

Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
4 May 4AM 1 min