
Landdroste sê nee, sloerstaking duur vandag voort
Loading player...
Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word. Die minister sê landdroste moet vandag begin werk, ongeag wanneer hy die nuwe ooreenkoms gaan teken. Intussen het die landdroste se prokureur, Florian Beukes van Metcalfe Beukes Attorneys, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat geen werk sal hervat totdat die minister die nuwe vergoedingsooreenkoms onderteken nie.

