
Ombud se fokus op hekseryverwante misbruik, verwelkom
Loading player...
Die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, het die Ombudsman se besluit om hekseryverwante misbruik aan te spreek, verwelkom en dit 'n stap in die regte rigting genoem. Holtzhausen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat meer bewustheid dringend nodig is om die vrees, stigma en geweld wat met hekserybeskuldigings verband hou, te beëindig, en om gemeenskappe te help om die impak op geestesgesondheid en menseregte te verstaan.

