Met die Here se hulp kan ons weer opstaan

Loading player...
Vandag gesels Madeleine Venter met oud-Springbokrugbyspeler Jannie du Plessis en sy vrou Ronel. Op 16 November, 2021 het dít wat elke ouer vrees gebeur toe Jannie en Ronel se 10 maande oue babaseuntjie, Jan-Nataniël, verdrink het. Hulle het egter met die Here se hulp weer opgestaan, en is vandag ’n baken van hoop vir ander ouers wat ook ’n kind aan die dood moes afstaan.
21 Nov Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Ons lewe deur die Gees

Ons lewe deur die Gees, daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal - Gal. 5:25 Hoe lyk ’n leefstyl wat deur die Heilige Gees bepaal word? Ons gesels oor waarom Jesus die Heilige Gees gestuur het, hoe jy die Vrug van die Gees prakties kan uitleef, en die verskillende…
14 Nov 1 hr 19 min

Hy hou jou vas

Vandag se gas, Juliana Liut, ’n toegewyde eggenoot, ma en onderwyseres en ’n passie om vroue te ondersteun wat deur die pyn van miskraam, stilgeboorte of babasterftes gaan, kom vertel haar storie. Na vier hartverskeurende miskrame het Juliana self deur die donker vallei van rou gestap – maar dit was…
7 Nov 1 hr 26 min

Die Kragtige Woord van God

Die kragtige Woord van God. Dr. Gerrie v Deventer deel sy insig en kragtige getuienis oor die rol van God se Woord in sy lewe. Kom luister saam na getuienisse wat luisteraars oor hulle spesiale Skrifgedeeltes gedeel het
24 Oct 1 hr 30 min

Die vrug van jou arbeid

Vandag gesels ons oor Die vrug van jou arbeid. Is dit moontlik om vreugde in jou werk te vind? Mag jy maar die vrug van jou arbeid geniet?
31 Oct 1 hr 19 min

Gebruik wat jy het

Vandag se tema is Gebruik wat jy het. Die Here het unieke karaktereienskappe en talente vir jou gegee waarmee jy Hom kan dien net daar waar jy is.
10 Oct 1 hr 25 min