Room van Namibiese sportlui gekroon

Loading player...
Namibië se Sportster van die Jaar is para-triathlon-atleet Jeromius Rooi, terwyl bokser Fillipus Nghitumbwa as die Sportman van die Jaar en fietsryer Vera Looser as die Sportvrou van die Jaar aangewys is. Tydens die jaarlikse sporttoekennings Saterdagaand in Ongwediva, is Ashley Martina as die Juniorsportvrou van die Jaar aangewys en Burton Weakley as die Juniorsportman van die Jaar. Krieket Namibië het die louere as Federasie van die Jaar ingepalm. Adjunksportminister Dino Ballotti het tydens die geleentheid hulde aan Namibië se sportlui gebring.
22 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ISAP se Junior Rangers woeker in bos

Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
4 May 4AM 1 min

MTC verbeter konnektiwiteit by Rössing

MTC het vier LTE-netwerktorings by Rössing Uranium bekendgestel om konnektiwiteit by die myn te verbeter. Die projek sal mobiele stem- en hoëspoed-datadienste in sleutelbedryfsgebiede reg oor die myn verskaf. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die LTE-netwerk koördinering tussen spanne sal ondersteun en vinniger besluitneming op…
4 May 3AM 1 min

Tennis: Sinner maak geskiedenis met Meesterstitels

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die Madrid Ope gewen en die eerste man geword wat vyf agtereenvolgende Meesterstitels buit. Die Italianer het met die Duitser, Alexander Zverev, afgereken. Hy spog nou met 28 agtereenvolgende seges op hierdie vlak, insluitend die titel in Parys verlede jaar, en Indian Wells, Miami en…
4 May 2AM 1 min

Cassingadag nie net simbolies, sê Nahas

Vandag herdenk Namibië Cassingadag. Die vakansiedag word gevier ter ere van die meer as 600 mense wat in 1978 in die aanval deur Suid-Afrikaanse magte in 'n Swapo-vlugtelingkamp in die dorp Cassinga in Angola dood is. Swapo-veteraan Nahas Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dae soos hierdie nie net…
4 May 1AM 1 min

Madlanga-kommissie bereik 100 dae-mylpaal

Die Madlanga-kommissie vier vandag 100 dae van volle sittings, wat misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek. Die kommissie het reeds meer as 37 getuies aangehoor nadat die taakspan vir Politieke Moorde ontbind is deur die geskorste polisieminister Senzo Mchunu, soos uitgewys deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla…
4 May 12AM 1 min