Volksmoord: Soeke na Duitse verantwoording duur voort

Loading player...
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê hulle is teleurgesteld, maar nie ontmoedig nie, nadat die Windhoek Hooggeregshof geweier het om Duitsland as 'n respondent by te voeg in hul betwisting van die volksmoordverklaring van 2021. Direkteur-generaal Itamunua Meroro het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hofsaak, wat vir Maart 2026 geskeduleer is, sal hul soeke na Duitsland se verantwoording bevorder.
23 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ontwikkeling moet verantwoordelik wees, sê Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi sê haar besoek Sondag aan Hyphen Energy-projek in die Tsau ||Khaeb Nasionale Park het Namibië se verbintenis tot verantwoordelike ontwikkeling herbevestig. Sy het beklemtoon dat ekonomiese vooruitgang hand aan hand moet gaan met omgewingsbeskerming en die bewaring van kulturele erfenis. Witbooi het die belang van betekenisvolle deelname…
4 May 6AM 1 min

ISAP se Junior Rangers woeker in bos

Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
4 May 4AM 1 min

MTC verbeter konnektiwiteit by Rössing

MTC het vier LTE-netwerktorings by Rössing Uranium bekendgestel om konnektiwiteit by die myn te verbeter. Die projek sal mobiele stem- en hoëspoed-datadienste in sleutelbedryfsgebiede reg oor die myn verskaf. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die LTE-netwerk koördinering tussen spanne sal ondersteun en vinniger besluitneming op…
4 May 3AM 1 min

Tennis: Sinner maak geskiedenis met Meesterstitels

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die Madrid Ope gewen en die eerste man geword wat vyf agtereenvolgende Meesterstitels buit. Die Italianer het met die Duitser, Alexander Zverev, afgereken. Hy spog nou met 28 agtereenvolgende seges op hierdie vlak, insluitend die titel in Parys verlede jaar, en Indian Wells, Miami en…
4 May 2AM 1 min

Cassingadag nie net simbolies, sê Nahas

Vandag herdenk Namibië Cassingadag. Die vakansiedag word gevier ter ere van die meer as 600 mense wat in 1978 in die aanval deur Suid-Afrikaanse magte in 'n Swapo-vlugtelingkamp in die dorp Cassinga in Angola dood is. Swapo-veteraan Nahas Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dae soos hierdie nie net…
4 May 1AM 1 min