Woord vir Vandag - 1 Des 2025

Loading player...
“Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel…” Hebreërs 4:15 NLV

Jou emosies maak vir God saak (1)

Ons almal het emosies. Sommige daarvan geniet ons, ander verduur ons. Hoe sê God egter moet ons hulle hanteer? ‘…wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees’ (Jakobus 1:2 NLV). ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek’ (Efesiërs 4:31 NLV). ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig’ (1 Petrus 3:8 NLV). God het vir ons aangewese tye om te huil, te lag, te treur, lief te hê - en selfs te haat - vasgestel (sien Prediker 3:1-8). Vereis Hy van ons dat ons al ons emosies onmiddellik en volledig moet beheer? Nee. Hy maak Homself beskikbaar om ons harte en karakter te transformeer, sodat ons ons emosies op maniere wat Hom verheerlik, kan bestuur. Eerder as om ‘n handleiding oor emosionele selfbestuur te verskaf, troos, bemoedig, oortuig en heroriënteer Hy ons deur ons geduldig uit te nooi om die volgende te doen: ‘Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om’ (1 Petrus 5:7 NLV). Selfs pynlike emosies kan geleenthede om ‘n dieper verhouding met ons hemelse Vader te ontwikkel, skep. Dit help ook om te onthou dat ons na die beeld van ‘n emosionele God geskape is. Sy Woord dui aan dat Hy ons emosies as fundamenteel goed beskou. Selfs woede, ‘n emosie wat algemeen as neerhalend beskou word, kan Hom verheerlik wanneer dit op onselfsugtige maniere hanteer word. Dit gaan nie oor wat ons voel nie, maar oor hoe ons daardie gevoelens hanteer. God kan ons die genade gee om enige emosie in ‘n eienskap wat Hom verheerlik, te verander.
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min