Woord vir Vandag - 12 Des 2025

Loading player...
“U is goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek.” Psalm 86:5 NLV

‘n Gebed van verlossing van skuldgevoelens

‘Hemelse Vader, alhoewel ek berou getoon het en opreg spyt is oor my dade, pynig die skuld van my sonde my voortdurend. Die las daarvan is te swaar vir my om langer te dra, daarom wend ek my tot U vir verlossing. U Woord sê dat U gereed is om my te vergewe (sien Nehemia 9:17), en dat u oorvloedige genade het vir diegene wat na U roep (sien Jesaja 55:7). Die probleem is dat ek dit moeilik vind om u vergifnis te aanvaar en myself van die berou oor my sondes te bevry. Help my om u belofte te verstaan en te ontvang: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). U sê in u Woord: ‘Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat hulle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en dink nie weer daaraan nie’ (Jesaja 43:25 NLV). Deur krag uit die mag van u Gees te put, kies ek om nie langer toe te laat dat gedagtes van skuld en veroordeling die vrede en vreugde wat U bied, van my steel nie. Ek staan op u Woord wat sê: ‘So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons van ons oortredings’ (Psalm 103:12 NLV). U het gesê: ‘…Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie’ (Hebreërs 10:17 NLV). Aangesien U gekies het om dit nie te onthou nie, help my om daarvan te vergeet en op te hou om daaroor te tob. Van vandag af begin ek verklaar: ‘…die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van alle sonde’ (1 Johannes 1:7 NLV).’
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min