Woord vir Vandag - 13 Des 2025

Loading player...
“Geniet die lewe met die vrou vir wie jy lief is… Sy sal jou troos wees…” Prediker 9:9 DB

Die rolle in die huwelik

Hier is ‘n illustrasie van die verskillende rolle in die huwelik: ‘n Man se werk is soos die van ‘n termostaat, wat die temperatuur in die huis handhaaf. Die vrou se werk is soos dié van ‘n termometer, om ‘n temperatuurlesing te gee. Die lesing van die termometer moet die verstelling van die termostaat aandui. As ‘n man ‘n warm vrou wil hê, kan hy nie ysige weer huis toe bring nie. Hier is nog ‘n illustrasie van die twee verskillende rolle in die huwelik: Vir wingerdstokke om vrugbaar te wees, moet hul takke opgelig word, daarom bind wingerdboere hulle aan ‘n paal vir ondersteuning vas. Indien dit nie gedoen word nie, word die wingerdstok te swaar soos die druiwe volwasse word en groei en begin dit op die grond sleep. Die paal hou die druiwe van die grond af en help hulle om die volle voordeel van die son te ontvang. Na ‘n rukkie begin die takke langs die paal waar hulle vasgemaak is, versprei. Omdat hulle deur die paal ondersteun word, is hulle vry om te klim en te versprei. Wanneer ‘n man dus stabiliteit in die huis verskaf, laat dit die vrou veilig en versorg voel. Sy is dan vry om te floreer, te groei en vrugbaar te wees. Salomo sê: ‘Geniet die lewe met die vrou vir wie jy lief is. Geniet haar elke dag in die sinlose lewe wat jou gegun is. Sy sal jou troos wees…’ Die tyd, liefde en aandag wat jy in jou vrou belê, bring ‘n beloning van groot seën, tevredenheid en vervulling mee. Wanneer jy jou deel doen, kan jy op God staat maak om sy deel te doen.
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min