Woord vir Vandag - 14 Des 2025

Loading player...
“As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.” Johannes 13:35 NLV

Die grootste toets van jou dissipelskap

Ontwerpersklere soos dié van Tommy Hilfiger en Ralph Lauren word aan hul ontwerpe en handelsmerke geken. Hierdie handelsmerke maak hulle sigbaar en identifiseerbaar. Soms word werkers in sekere industrieë deur hul kleredrag geïdentifiseer, soos ‘n chirurg wat teaterklere dra, of ‘n polisieman wat ‘n uniform dra, of ‘n regter wat ‘n toga dra. Jesus het vir ons iets as onweerlegbare bewys dat ons naby aan God leef, gegee – ‘n toets waardeur jy jou eie geestelike groei kan evalueer. Trouens, hierdie handelsmerk is so wonderlik dat Hy gesê het dat dit die belangrikste verklaring van jou geloof sal wees. Jesus het dit as volg gestel: ‘Ek gee julle ‘n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (verse 34-35 NLV). Wanneer ‘n vrou swanger is, kom daar ‘n tyd wat haar swangerskap begin wys. Die lewe wat binne haar groei word aan die buitekant gesien. Net so moet die liefde binne-in ons aan die buitekant gesien en geïdentifiseer word. Die Bybel sê: ‘…Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het’ (Romeine 5:5 NLV). Johannes skryf: ‘Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê’ (1 Johannes 4:11 NLV). Liefde is die grootste toets van jou dissipelskap.
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min