Woord vir Vandag - 19 Des 2025

Loading player...
“…Hulle is maar baie broos wanneer hulle geplant word, maar hulle sal vol krag wees wanneer hulle opgewek word.” 1 Korintiërs 15:43 NLV

Jou nuwe opstandingsliggaam (2)

Ons nuwe liggaam mag dalk ‘n glansende kwaliteit hê. Toe Moses tyd met God deurgebring het, het iets ongewoons met hom gebeur – sy gesig het begin blink (sien Eksodus 34:29). Iets soortgelyks het met Jesus gebeur: ‘En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het skitterend wit geword’ (Lukas 9:29 NLV). In Openbaring 21:23 lees ons dat die hele Nuwe Jerusalem deur die heerlikheid van God en die opgestane Christus verlig sal word. Die Bybel sê ook: ‘Hulle wat ander mense leer, sal skitter soos die naghemel. Hulle wat baie mense lei om regverdig te word, sal vir ewig en altyd soos sterre skyn’ (Daniël 12:3 NLV). ‘Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son skitter in die koninkryk van hulle Vader…’ (Matteus 13:43 NLV). ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder. Hy sal ons vernederde liggame verander met goddelike heerlikheid, soos sy eie…’ (Filippense 3:20-21 NLV). ‘Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk’ (1 Johannes 3:2 NLV). Een pastoor skryf: ‘Die Here Jesus Christus het deur sy opstanding die betaling, die bewys en die bloudruk van ons eie opstanding voorsien.’ ‘Net soos ons nou ‘n ewebeeld van Adam is, die mens uit die aarde, so sal ons eendag ‘n ewebeeld van Christus wees, die mens uit die hemel’ (1 Korintiërs 15:49 NLV). Jou nuwe opstandingsliggaam gaan in heerlikheid getooi wees!
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min