Woord vir Vandag - 21 Des 2025

Loading player...
“…jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” Johannes 2:10 NLV

God kan sy plan vir jou lewe versnel

Jesus se eerste wonderwerk was om by ‘n bruilof water in wyn te verander. Daar was ses klipkanne wat elkeen ongeveer 100 liter kon hou. ‘Jesus sê toe vir die kelners: ‘Maak die kanne vol water!’… Toe sê Jesus ook nog vir hulle: ‘Skep nou daarvan uit en vat dit vir die seremoniemeester.’ Hulle het dit gedoen… Die seremoniemeester sê toe vir die bruidegom: ‘Elke gasheer sit volgens gebruik eers die goeie wyn voor, en wanneer die gaste nie meer so goed kan onderskei nie, die swakker gehalte; jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou’’ (verse 7-10 NLV). Weet jy hoe lank neem dit om wyn te maak? Eers word steggies geplant en dan neem dit verskeie jare vir die wingerdstokke om geskikte druiwe voort te bring. Die druiwe word dan gepluk en geprosesseer om die wyn te maak. Dit neem dikwels drie tot vyf jaar voor die eerste wyn gereed is om gebottel te word. Wyn van ‘n beter kwaliteit neem vyf tot sewe jaar om gemaak te word. Mense beskou wyn wat twintig tot dertig jaar oud is, as die beste wyn. Jesus het in ‘n oomblik dit wat normaalweg dekades neem om te produseer, gemaak. Indien jy dus besorg is dat jy nie genoeg tyd het om jou doelwitte te bereik nie, onthou dat Jesus dit wat gewoonlik jare neem, in ‘n oomblik kan doen. Miskien sal dit jou tipies twintig jaar neem om jou verband af te betaal, of tien jaar om jou besigheid op te bou. God se guns kan die tydlyn egter met jare verminder. Hy verander steeds water in wyn. Skep moed, die God wat ons dien weet hoe om natuurlike wette te versnel. Hy kan jou verder en vinniger laat beweeg as wat jy jou ooit kon indink.
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min