Windhoek se vuilheid kom al lank: uittredende burgemeester

Loading player...
Die uittredende burgemeester van Windhoek, Ndeshihafela Larandja, het erken dat die stad sy reputasie as die skoonste in Afrika verloor het, maar dring daarop aan dat die agteruitgang nie gedurende haar eenjarige ampstermyn plaasgevind het nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het Windhoek ook as die vuilste stad in Afrika beskryf. Larandja, wat na Woensdag se verkiesings deur 'n nuwe burgemeester vervang sal word, sê Windhoek sukkel tans met oorvol vullisdromme en stortingsterreine.
24 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ISAP se Junior Rangers woeker in bos

Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
4 May 4AM 1 min

MTC verbeter konnektiwiteit by Rössing

MTC het vier LTE-netwerktorings by Rössing Uranium bekendgestel om konnektiwiteit by die myn te verbeter. Die projek sal mobiele stem- en hoëspoed-datadienste in sleutelbedryfsgebiede reg oor die myn verskaf. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die LTE-netwerk koördinering tussen spanne sal ondersteun en vinniger besluitneming op…
4 May 3AM 1 min

Tennis: Sinner maak geskiedenis met Meesterstitels

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die Madrid Ope gewen en die eerste man geword wat vyf agtereenvolgende Meesterstitels buit. Die Italianer het met die Duitser, Alexander Zverev, afgereken. Hy spog nou met 28 agtereenvolgende seges op hierdie vlak, insluitend die titel in Parys verlede jaar, en Indian Wells, Miami en…
4 May 2AM 1 min

Cassingadag nie net simbolies, sê Nahas

Vandag herdenk Namibië Cassingadag. Die vakansiedag word gevier ter ere van die meer as 600 mense wat in 1978 in die aanval deur Suid-Afrikaanse magte in 'n Swapo-vlugtelingkamp in die dorp Cassinga in Angola dood is. Swapo-veteraan Nahas Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dae soos hierdie nie net…
4 May 1AM 1 min

Madlanga-kommissie bereik 100 dae-mylpaal

Die Madlanga-kommissie vier vandag 100 dae van volle sittings, wat misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek. Die kommissie het reeds meer as 37 getuies aangehoor nadat die taakspan vir Politieke Moorde ontbind is deur die geskorste polisieminister Senzo Mchunu, soos uitgewys deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla…
4 May 12AM 1 min