Oordrag van G20-presidentskap sal informele bedryf wees

Loading player...
Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal waarskynlik vandag die G20-presidentskap aan Amerika in Pretoria oorhandig. Minister Ronald Lamola het Saterdag gesê aangesien Amerika slegs 'n junior ambassade-amptenaar aangewys het, sal Suid-Afrika dit ewenaar ná die Amerikaanse president, Donald Trump, se afwesigheid by die beraad in Johannesburg. Dangor het aan Newzroom Afrika gesê daar sal geen formele seremonie wees nie:
24 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ghana wil soldate uit Oekraïne terughê

Ghana se minister van buitelandse sake, Samuel Okudzeto Ablakwa, het Oekraïne versoek om Ghanese burgers wat vir die oorlog gewerf is, vry te laat. Ten minste 55 Ghanese is dood, met twee wat as krygsgevangenes aangehou word. Na gesprekke met president Volodymyr Zelensky in Kiëf, sê Ablakwa dat ongeveer 272…
28 Feb 3AM 1 min

Sokker: Namibië se Gladiators teen SA in Cosafa-finaal

Namibië se vroue-sokkerspan, die Brave Gladiators, kom môre teen Suid-Afrika in die finaal van die Cosafa Vrouebeker te staan. Die Gladiators het Vrydag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit na die eindstryd van dié kampioenskap deur te dring toe hulle Zambië 1-0 in hul semifinaal verslaan het. Môre…
28 Feb 2AM 1 min

Nanso ruk op op Otji oor beweerde polisie-aanrandings

Leerders en die gemeenskap van Otjiwarongo het Vrydag saam met die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, opgeruk om ‘n petisie aan die polisie te oorhandig as protes teen die onlangse beweerde aanranding van 31 seuns van die Karundu Junior Sekondêre Skool. Nege polisiebeamptes het glo in klastyd by die skool opgedaag…
28 Feb 1AM 1 min

Verdrag van Walvisbaai vandag 32 jaar oud

Vandag 32 jaar gelede is die Verdrag van Walvisbaai in 1994 onderteken om die soewereiniteit van dié kusdorp en die 12 Pikkewyn-eilande amptelik van Suid-Afrika na Namibië oor te dra. Dit het 84 jaar van Suid-Afrikaanse beheer beëindig en die VN-Veiligheidsraad se Resolusie 432 van 1978 vervul, wat die hawe…
28 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Reho se eerste burger beïndruk met 'safety clusters'

Rehoboth se burgemeester Justin Coetzee het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit en eerstehands die probleme beleef wat deur veral drankmisbruik op die dorp veroorsaak word. Soos altyd, was Francois Lottering deel van die aksie en doen verslag van die toneel:
27 Feb 11PM 1 min