Rusland is tevrede, hou die vredeskouspel dop

Loading player...
‘n Voormalige Russiese diplomaat Boris Bondarev, is van mening dat die Europese Unie skarrel om sy rol in die vredesonderhandelings tussen Rusland en die Oekraïne te behou. Intussen sit Rusland gemaklik terug en hou sy oë op die proses. Hy het met Sky News gepraat.
25 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sokker: Namibië se Gladiators teen SA in Cosafa-finaal

Namibië se vroue-sokkerspan, die Brave Gladiators, kom môre teen Suid-Afrika in die finaal van die Cosafa Vrouebeker te staan. Die Gladiators het Vrydag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit na die eindstryd van dié kampioenskap deur te dring toe hulle Zambië 1-0 in hul semifinaal verslaan het. Môre…
28 Feb 2AM 1 min

Nanso ruk op op Otji oor beweerde polisie-aanrandings

Leerders en die gemeenskap van Otjiwarongo het Vrydag saam met die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, opgeruk om ‘n petisie aan die polisie te oorhandig as protes teen die onlangse beweerde aanranding van 31 seuns van die Karundu Junior Sekondêre Skool. Nege polisiebeamptes het glo in klastyd by die skool opgedaag…
28 Feb 1AM 1 min

Verdrag van Walvisbaai vandag 32 jaar oud

Vandag 32 jaar gelede is die Verdrag van Walvisbaai in 1994 onderteken om die soewereiniteit van dié kusdorp en die 12 Pikkewyn-eilande amptelik van Suid-Afrika na Namibië oor te dra. Dit het 84 jaar van Suid-Afrikaanse beheer beëindig en die VN-Veiligheidsraad se Resolusie 432 van 1978 vervul, wat die hawe…
28 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Reho se eerste burger beïndruk met 'safety clusters'

Rehoboth se burgemeester Justin Coetzee het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit en eerstehands die probleme beleef wat deur veral drankmisbruik op die dorp veroorsaak word. Soos altyd, was Francois Lottering deel van die aksie en doen verslag van die toneel:
27 Feb 11PM 1 min