SAPD kan nie GBV-slagoffers beskerm nie

Loading player...
Die DA het kommer uitgespreek oor die mislukking van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om oorlewendes van geslagsgeweld te beskerm. Tussen 2020 en 2025 is 47-duisend-457 oortredings van beskermingsbevele aangeteken, maar slegs ses-duisend-486 skuldigbevindings, 'n koers van 13,6-persent, is verkry. Benedicta van Minnen van die DA doen 'n beroep op dringende regeringsoptrede, meer indringende ondersoeke en verhoogde aanspreeklikheid om die veiligheid van en geregtigheid vir kwesbare oorlewendes te verseker:
25 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tennis: Sinner maak geskiedenis met Meesterstitels

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die Madrid Ope gewen en die eerste man geword wat vyf agtereenvolgende Meesterstitels buit. Die Italianer het met die Duitser, Alexander Zverev, afgereken. Hy spog nou met 28 agtereenvolgende seges op hierdie vlak, insluitend die titel in Parys verlede jaar, en Indian Wells, Miami en…
4 May 2AM 1 min

Cassingadag nie net simbolies, sê Nahas

Vandag herdenk Namibië Cassingadag. Die vakansiedag word gevier ter ere van die meer as 600 mense wat in 1978 in die aanval deur Suid-Afrikaanse magte in 'n Swapo-vlugtelingkamp in die dorp Cassinga in Angola dood is. Swapo-veteraan Nahas Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dae soos hierdie nie net…
4 May 1AM 1 min

Madlanga-kommissie bereik 100 dae-mylpaal

Die Madlanga-kommissie vier vandag 100 dae van volle sittings, wat misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek. Die kommissie het reeds meer as 37 getuies aangehoor nadat die taakspan vir Politieke Moorde ontbind is deur die geskorste polisieminister Senzo Mchunu, soos uitgewys deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla…
4 May 12AM 1 min

Sokker: Durban City pronk met Nedbankbeker

Durban City FC is as die 2026 Nedbankbeker-kampioene gekroon met prysgeld van sewe miljoen rand na 'n 2-1 oorwinning oor TS Galaxy by die nuwe Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo. Mfanafuthi Mkhize het die telling in die tweede helfte gelyk gemaak voordat Jean Lwamba die wendoel aangeteken en vergoed het…
3 May 6AM 1 min

Miljoene vir nuwe pad in Ohangwena

Die vervoerministerie het amptelik distrikspad D4119 van Omulondo na Oshuuli in die Ohangwena-streek geopen, wat teen 'n koste van 53 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die 23-kilometer lange pad is ontwikkel deur Namibies-Duitse samewerking. Ursula Hein-Rooinasie, sektorkoördineerder by die KfW Ontwikkelingsbank, sê Duitsland het tot dusver die konstruksie van meer…
3 May 5AM 1 min