Cyril betreur Trump se G20-aanmerkings

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê hy neem kennis van president Donald Trump van Amerika se verklaring oor Suid-Afrika se deelname aan die G20-leiersberaad in 2026. Trump sê Suid-Afrika sal nie na die beraad in Florida genooi word nie omdat die land weier om die menseregteskendings teen Afrikaners te erken of aan te spreek. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê as stigterslid het Suid-Afrika altyd die gees van konsensus, samewerking en vennootskap wat die G20 definieer, waardeer:
27 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Reho se eerste burger beïndruk met 'safety clusters'

Rehoboth se burgemeester Justin Coetzee het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit en eerstehands die probleme beleef wat deur veral drankmisbruik op die dorp veroorsaak word. Soos altyd, was Francois Lottering deel van die aksie en doen verslag van die toneel:
27 Feb 11PM 1 min

Saai soek oorgrens-optrede om BKS te beperk

Die landbou-organisasie Saai sê onbeheerde veebeweging oor grense en swak plaaslike strukture in Suid-Afrika vererger die verspreiding van bek-en-klouseer. Hy waarsku die huidige inentingspogings kan misluk sonder sterker koördinering, naspeurbaarheid en afdwinging. Theo de Jager van die organisasie sê die eerste bevestigde bek-en-klouseer-uitbreking in Lesotho dui aan 'n streeksbenadering is…
27 Feb 10AM 1 min

Proteas onderskat nie Zimbabwe by T20-Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas het deurgedring na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat hulle die Wes-Indiese Eilande in Ahmedabad met nege paaltjies verslaan het, en die verdedigende kampioen, Indië, Zimbabwe in Chennai met 72 lopies geklop het. Die Proteas sal nou probeer om hul onoorwonne rekord voort te sit wanneer hulle…
27 Feb 10AM 1 min

Amushelelo lei sekuriteitswagte in minimumloon-betogings

Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het vanoggend 'n reeks protesoptogte in Windhoek gelei om nakoming van die nuut aangekondigde nasionale minimumloon van 16 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswagte te eis. Amushelelo het verskeie sekuriteitsfirmas gekritiseer omdat hulle werknemers ver onder die minimumloon betaal. Die groep het 'n petisie aan die lynministerie…
27 Feb 9AM 1 min