Woord vir Vandag - 5 Jan 2026
Loading player...
Maandag 5 Januarie
“Ek weet wat Ek vir julle beplan het… voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” Jeremia 29:11 NLV
Die eienskappe van ‘n kampioen
Sportsielkundiges het ses eienskappe wat algemeen in atlete wat goue medaljes op die Olimpiese Spele wen, geïdentifiseer. Hierdie eienskappe van ‘n kampioen is op beide mans en vrouens van toepassing en is ook dominante faktore in die lewens van diegene wat in nie-atletiese beroepe uitblink. Kom ons kyk na elke eienskap en wat ons daaruit kan leer. 1) Selfanalise. Die suksesvolle atleet ken hul sterk- en swakpunte en doen ‘n kritiese beoordeling daarvan wat eerlik, maar nooit negatief is nie. 2) Selfkompetisie. ‘n Wenner weet dat hy of sy slegs hul eie prestasie kan beheer, daarom ding hulle teen hul eie beste poging en nie dié van ander nie, mee. 3) Fokus. Die kampioen konsentreer altyd bewustelik op die taak wat voorlê. 4) Selfvertroue. Suksesvolle atlete beheer hul angs deur moeilike maar redelike doelwitte te stel. Namate hierdie doelwitte bereik word, neem hul selfvertroue toe. 5) Taaiheid. Dit is ‘n geestelike eienskap wat risiko aanvaar en altyd probeer wen. ‘n Wenner sien verandering as ‘n geleentheid en aanvaar verantwoordelikheid vir hul eie lot. 6) ‘n Wedstrydplan. Selfs die beste atlete weet dat talent nie genoeg is nie; hulle moet ook ‘n wedstrydplan hê. Hier is die goeie nuus: Jy kan hierdie ses eienskappe ontwikkel. Jy vra: ‘Waar kan ek ‘n wedstrydplan vir my lewe kry?’ Van die God wat vir jou lief is en in sy Woord sê: ‘Ek weet wat Ek vir julle beplan het… voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister’ (verse 11-12 NLV).