Woord vir Vandag - 6 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 6 Januarie
“…Ook Christus het só gely toe Hy vir eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het… Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom…” 1 Petrus 3:18 NLV
Die groot ruiltransaksie
‘n Verkoopsdame het elke dag op pad werk toe verby ‘n spesifieke hoek geloop. Vir meer as ‘n week het sy ‘n dogtertjie dopgehou wat probeer het om ‘n klein hondjie op daardie hoek te verkoop. Die verkoopsdame het uiteindelik vir die dogtertjie gesê: ‘Liefie, as jy hierdie hond wil verkoop, stel ek voor jy bad hom, borsel sy pels en verhoog jou prys sodat mense dink hulle koop iets van waarde.’ Teen twaalfuur het die verkoopsdame opgemerk dat die dogtertjie haar raad gevolg het. Die hondjie was versorg en het onder ‘n groot plakkaat gesit wat lees: ‘UITSTEKENDE Hondjie te Koop - R5,000.’ Die verkoopsdame het geglimlag en onderneem om die dogtertjie later te vertel dat die prys vir die hondjie dalk te duur was. Tot haar verbasing het sy op pad huis toe gesien dat die hondjie weg was! Verstom het die vrou die dogtertjie opgesoek om te vra of sy die hond regtig vir R5,000 verkoop het. Die dogtertjie het gesê: ‘Ek het beslis en ek wil jou bedank vir al jou hulp.’ Die verkoopsdame het verstom gevra: ‘Hoe in die wêreld het jy dit reggekry?’ Sy het geantwoord: ‘Dit was maklik. Ek het net twee katte van R2,500 elk in ruil vir die hondjie geneem!’ Tweeduisend jaar gelede het die grootste ruiltransaksie van alle tye plaasgevind. Aan ‘n kruis buite Jerusalem het Jesus Christus sy lewe in ruil vir ons s'n gegee: ‘…Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom…’ Aan die kruis het God al jou sonde geneem en dit op Christus geplaas. Wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, neem God al sy geregtigheid en draai jou daarin toe. Dis die groot ruiltransaksie!
18 Dec English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min