Woord vir Vandag - 29 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 29 Januarie
“Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie…” Hebreërs 13:16 NLV
Word bewus van geleenthede om ‘goed te doen’
Petrus beskryf Jesus se lewe met die volgende woorde: ‘…Jesus het...oral goeie werke gedoen…’ (Handelinge 10:38 NLV). Om meer soos Christus te word, beteken om vir geleenthede te soek om goed te doen. ‘n Anonieme skrywer sê: ‘Wanneer mense onredelik, onlogies, selfgesentreerd en arrogant is, wees in elk geval lief vir hulle. Wanneer mense daarop aandring dat jou goedheid selfsugtige motiewe bevat, doen in elk geval goed. As jy suksesvol is, sal jy beide valse vriende en ware vyande wen. Strewe in elk geval na sukses. As jy eerlik is, sal sommige probeer om jou woorde te verdraai. Wees in elk geval eerlik. As jy vandag goed doen, kan sommige mense dit môre vergeet. Doen in elk geval goed. As jy jouself as ‘n groot persoon met groot idees bewys, moenie verbaas wees as jy deur klein mense met klein gedagtes teëgestaan word nie. Dink in elk geval groot. Wat jy jare lank gebou het, kan sommige mense oornag probeer vernietig. Bou dit in elk geval.’ President Theodore Roosevelt het gesê: ‘Dit is nie die kritikus wat tel nie - die persoon wat uitwys waar dit beter gedoen kon word nie. Hierdie eer behoort aan die persoon wat werklik dáár is, wie se gesig deur stof en sweet en bloed ontsier is; wat dapper streef; wat foute maak, wat keer op keer tekort skiet, wat groot entoesiasme en groot toewyding ken; wat hom- of haarself aan ‘n waardige saak wy; wat uiteindelik ten beste die triomf van hoë prestasie ken en ten ergste misluk terwyl hy of sy groot waagmoed aan die dag lê. Sy of haar plek sal nooit by daardie koue en skugter siele wees wat nóg oorwinning nóg nederlaag ken nie.’ Word bewus van geleenthede om goed te doen.
18 Dec English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min