Daar is 24 Namibiërs wat na Mianmar verhandel is

Loading player...
Die internasionale betrekkinge-ministerie het bevestig dat 24 Namibiese burgers verstrengel is in gesofistikeerde transnasionale misdaadnetwerke wat in Mianmar en Thailand bedrywig is. Verlei deur wat gelyk het na wettige werk-, opvoedings- en sportgeleenthede, bevind baie hulself nou slagoffers van bedrog en moontlike mensehandel. Die regering sê dat hulle nou saamwerk met internasionale vennote om hul veilige terugkeer te verseker. Woordvoerder van die ministerie, Rosalia Uushona, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Britse LP’s stem om dokumente oor Andrew vry te stel

Britse parlementslede het die vrystelling van lêers wat verband hou met Andrew Mountbatten-Windsor se aanstelling in 2001 as die Verenigde Koninkryk se handelsgesant, amptelik ondersteun. Die voormalige prins is verlede week gearresteer weens moontlike wangedrag in ʼn openbare amp. Hy word beskuldig dat hy tydens sy termyn as handelsgesant vertroulike…
25 Feb 12AM 1 min

Steenhuisen verdedig BKS-taakspan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die bek-en-klouseer-taakspan verdedig te midde van 'n ondersoek deur parlementslede oor sy mandaat en geheimhouding. Steenhuisen het voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Landbou gesê die span bestaan uit veeartsenykundige en wetenskaplike deskundiges wat tegniese raad gee om die regering se optrede te lei…
25 Feb 12AM 1 min

Protes vandag oor sekuriteitswagte en minimumloon

Die maatskaplike aktivis Michael Amushelelo het besluit om sy platform te gebruik om sekuriteitswagte wat nie die minimumloon betaal word nie te help deur 'n betoging te reël wat vanoggend om sewe begin het. Volgens Amushelelo sal hy nie daar wees nie maar staan in solidariteit met die wagte. Die…
25 Feb 12AM 1 min

Optimisme oor gewasverbouing

Bogemiddelde reënval wat tot Maart voorspel word bring hernieude optimisme oor gewasverbouing in die mieliedriehoek en die noordelike streke. Die Namibiese Akkerbouraad moedig boere aan om voordeel te trek uit die gunstige toestande vir witmielie- en mahangu-produksie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die raad se tuinbou- en…
24 Feb 11PM 1 min

Trump spreek Iran aan in staatsrede

President Donald Trump het sy staatsrede by Capitol Hill gelewer. Hy het talle onderwerpe aangeraak maar, die groot kwelpunt, wat die wêreld op hete kole het, is die spanning tussen die VSA en Iran. Hy sê Iran het 32 000 protesgangers vermoor tydens die opstand en verder, dat terwyl hulle…
24 Feb 11PM 1 min