Goud verbreek (steeds) sy rekord, silwer agterna

Loading player...
Goud het weer nuwe hoogtes ingevaar vandag en net bo 4 637 Amerikaanse dollar ‘n fynons verhandel en is tans rondom 4 633. Die kommoditeit het in die afgelope week met net meer as 3 persent gegroei. Ekonoom Dawie Klopper sê onsekerheid sal ‘n goeie jaar vir goud beteken.
14 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Giwusa vra vir inkomste vir regering in begroting

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, berei voor om vandag sy begrotingsrede te lewer, terwyl Giwusa alle pogings verwerp om fiskale besuinigingsmaatreëls in te stel. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, sê agtereenvolgende regerings het die fiskus stelselmatig van inkomste ontneem. Korporatiewe belasting het tydens apartheid op meer as 50-persent…
24 Feb 10PM 1 min

VN se Algemene Vergadering aanvaar resolusie vir vrede in Oekraïne

Die VN se Algemene Vergadering het Dinsdag, op die vierde herdenking van die Russiese inval in Oekraïne, 'n konsep-resolusie aangeneem wat op 'n omvattende, regverdige en blywende vrede in Oekraïne aandring. Die resolusie het met 107 stemme vir en 12 daarteen geslaag, terwyl 51 lidlande, waaronder Amerika, buite stemming gebly…
24 Feb 10PM 1 min

Cyril verwelkom terugkeer van SA mans uit Rusland

President Cyril Ramaphosa verwelkom die terugkeer van sekere Suid-Afrikaanse mans wat na die Russies-Oekraïense konflik gelok is. Die regering, in samewerking met Russiese owerhede, het ná noodoproepe hul veilige terugkeer verseker. Vier mans het by die huis aangekom en elf word binnekort verwag, terwyl twee steeds in Rusland is, insluitend…
24 Feb 10AM 1 min

Britse regering steun mosie oor Andrew-dokumente

Brittanje se arbeidsminister, Chris Bryant, het bevestig die regering sal die liberaal-demokrate se mosie ondersteun om lêers vry te stel wat verband hou met Andrew Mountbatten-Windsor se aanstelling as 'n handelsgesant in 2001. Hy sê geen dokumente wat die voortgesette polisieondersoek kan benadeel, sal gepubliseer word totdat dit afgehandel is…
24 Feb 10AM 1 min