Ry versigtig, die reën beskadig die reeds ou paaie

Loading player...
Die Paaie-owerheid het motoriste versoek om uiters versigtig te wees op die land se paaie, aangesien wydverspreide reënval, veral in die Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi-streke, tot verslegtende padtoestande gelei het. Die owerheid sê dat baie van hierdie paaie meer as 40 jaar oud is en dus meer kwesbaar is vir skade tydens langdurige reënval, maar het verseker dat geraakte gedeeltes herstel sal word in ooreenstemming met sy instandhoudings- en rehabilitasieprogramme sodra die weerstoestande dit toelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, die owerheid se kommunikasie beampte gesels.
20 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot

Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry…
8 Jul 2AM 1 min

VN se weeragentskap het kommer oor El Nino

El Nino-toestande ontwikkel tans in die Stille Oseaan en die Wêreld Meteorologiese-organisasie van die VN sê die warmer toestande in die oseaan het 'n groot impak op weerpatrone wat hittegolwe, droogtes en uiters swaar reën en oorstromings kan veroorsaak. Celeste Saulo van die organisasie.
8 Jul 2AM 1 min

Trump vaar weer uit teen Navo

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in…
8 Jul 1AM 1 min

Los eerder wilde sampioene uit

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai…
8 Jul 1AM 1 min