Woord vir Vandag - 6 Feb 2026
Loading player...
“As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.” Romeine 12:10 NLV
Koester mekaar in liefde
Het jy al ooit opgemerk hoe vinnig ons iemand anders van gedrag wat ons in onsself verskoon beskuldig? Deur dit te doen, oefen ons ‘n dubbele standaard uit en vereis meer van ander as van onsself. Jesus het gesê: ‘En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar merk jy die yslike stomp in jou eie oog nie op nie?’ (Matteus 7:3 NLV). Die dubbele standaard werk as volg: 1) Wanneer jou buurvrou nie van jou vriendin hou nie, is sy bevooroordeeld - maar wanneer jy nie van haar vriendin hou nie, is dit omdat jy mense se karakters goed kan beoordeel. 2) Wanneer sy probeer om iemand besonder goed te behandel, is sy besig om te dweep - maar wanneer jy dit doen, is jy net bedagsaam. 3) Wanneer sy lank neem om iets te doen, is sy lui - maar wanneer jy dit doen, is jy noukeurig. 4) Wanneer sy baie geld spandeer, is sy roekeloos en ongedissiplineerd - maar wanneer jy dieselfde ding doen, is jy vrygewig. 5) Wanneer sy foute uitwys, is sy krities - maar wanneer jy dit doen, is jy insigryk. 6) Wanneer sy saggeaard is, noem jy haar swak - maar wanneer jy is, is jy genadig. 7) Wanneer sy mooi aantrek, is sy uitspattig - maar wanneer jy dit doen, is jy elegant en stylvol. 8) Wanneer sy sê wat sy dink, is sy venynig - maar wanneer jy dit doen, is jy eerlik. 9) Wanneer sy risiko's neem, is sy roekeloos - maar wanneer jy dit doen, is jy dapper. Paulus het geskryf: ‘As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.’ Die woord vir vandag is dus: Koester mekaar in liefde.