Woord vir Vandag - 8 Feb 2026
Loading player...
“…In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.” Johannes 16:33 NLV
Wees optimisties (2)
Die omstandighede waarin jy jouself bevind, hoef jou nie te definieer of te verslaan nie. Selfs al kan jy nie jou omstandighede verander nie, kan jy dit oorkom. George Bernard Shaw het geskryf: ‘Mense blameer altyd teëspoed op hul omstandighede. Ek glo nie aan omstandighede nie. Die mense wat in hierdie wêreld vooruitboer, is die mense wat opstaan en soek na die omstandighede wat hulle wil hê en as hulle dit nie kan vind nie, skep hulle dit.’ Ons begin twyfel wanneer ons toelaat dat ons omstandighede bepaal hoe ons voel en wat ons glo. Wanneer ons toelaat dat ons omstandighede tussen ons en God kom, skep dit ‘n rookskerm van twyfel. Geloof is om die beloftes van God tussen jou en jou omstandighede te plaas. Dit beteken nie dat jy die werklikheid ontken nie. Dit beteken eenvoudig dat jy in kontak met ‘n groter werklikheid is - een wat meer werklik is as dit wat jy kan aanraak of proe of sien of hoor of voel of ruik. Jesus was ‘n realis: ‘…In die wêreld sal julle swaarkry beleef…’ Hy was egter ook ‘n optimis: ‘…maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.’ Ons optimisme word in die leë graf geanker. Indien Jesus uit die graf opgestaan het - en Hy het - is daar nie ‘n probleem wat Hy nie kan oplos nie. Jy moet dus begin leef asof jy glo dat dit waar is. Daar is sewe beloftes in die boek Openbaring wat met dieselfde frase begin: ‘Elkeen wat oorwin.’ Dit herinner ons aan ons ware identiteit. Ons is nie net oorwinnaars nie; ons is meer as oorwinnaars!