Woord vir Vandag - 12 Feb 2026
Loading player...
“Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig…” Spreuke 8:14 AFR83
Oorkom die vrees vir sukses
Die vrees vir sukses ontspoor baie drome. Soms raak diegene naby aan jou wrokkig wanneer jy sukses behaal. Om suksesvol te wees, kan jou ook angstig laat voel en laat vrees dat jy nie jou sukses sal kan handhaaf nie. Dan is daar ook die vrees dat jy mense sal aantrek wat jou sukses wil misbruik. Salomo het ons gewaarsku: ‘Rykdom bring baie mooiweersvriende…’ (Spreuke 19:4 NLV). Dan is daar die vrees om met voortdurende versoeke vir geld gebombardeer te word. Wat as jy nee sê? Jy moet jou hart volg, gee soos God jou lei en die res aan Hom oorlaat. Dawid het gesê: ‘…u genade is vir hulle soos ‘n skild’ (Psalm 5:13 NLV). Die guns van God kan van jou ‘n teiken maak. Alhoewel jy altyd moet probeer om deur jou gedrag regverdig teenoor ander mense te wees, kan jy nie God se guns verwerp net om te keer dat ander afgunstig raak nie. Jy moet God se guns as deel van jou lewensdoel omhels. Miskien is daar vir jou gesê dat jy nooit sukses sal behaal nie, dus voel jy dalk dat jy dit nie verdien nie en dat dit nie sal hou nie. Jy mag dan op so ‘n manier optree dat jy jouself saboteer, wat jou eie ergste vrese bevestig en dit tot verwesenliking bring. Wat moet jy dus doen? Eerstens, dank God dat jy die wortel van jou probleem verstaan. Tweedens, praat met ‘n goeie luisteraar daaroor. Soos jy jouself hoor praat en die probleem in perspektief plaas, mag jy jouself bevind waar jy jou met die woorde van Salomo begin identifiseer: ‘Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee.’