Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

Loading player...
“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV
Wees die meester van jou skuld
Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy jou kredietkaartrekening ontvang wat wys dat jy meer bestee het as wat jy kan bekostig. Wat ook van die onverwagte uitgawes in die lewe? Jou motor benodig ‘n nuwe ratkas, of jy moet ‘n prosedure ondergaan wat nie deur jou mediese versekering gedek word nie. Die dinge wat jy koop kos jou nie net geld nie; daar is ook ander minder tasbare kostes soos jou gemoedsrus en jou gevoel van sekuriteit daaraan verbonde. Jy verbeur hierdie dinge wanneer jy aanhou om bo jou vermoë te leef en goeie geld agter slegte skuld aan te gooi deur van persoonlike lenings en ander finansieringsopsies gebruik te maak. Jy probeer al die balle in die lug hou deur elke maand die minimum betalings te maak. Uiteindelik word jy egter moeg van al die stres en die balle begin op die grond val. Jy begin geld leen om kop bo water te hou en bestee dan slapelose nagte om te wonder hoe jy met die terugbetalings gaan byhou. Jou verleentheid vererger net die situasie, wanneer jy jou finansiële probleme wegsteek en jouself van die hulp wat jy dringend nodig het, afsny. Wat is dan die oplossing vir skuld? 1) Identifiseer die emosies wat jou daartoe gelei het om items te koop wat jy nie kan bekostig nie om ‘n naamlose leemte binne-in jou te vul. 2) Leef volgens ‘n begroting. ‘In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ‘n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het’ (Spreuke 21:20 NLV). (3) Ontwikkel ‘n plan om jou skuld af te betaal en skuldvry te bly!
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 26 Feb 2026

“…gee dan julleself aan Hom as ‘n lewende en heilige offer…” Romeine 12:1 NLV ‘n Opofferende lewe Met die nasionale staatskas wat deur ‘n reeks duur oorloë uitgeput is, het koning Frederik Willem III van Pruise besef dat daar ‘n ernstige tekort aan geld is om die land na die…
22 Jan 2 min