Sauma weerlê Rosatom se syfers oor Leonardville-uraanprojek

Loading player...
MSN berig dat Rosatom beplan om tot 9,4 miljard Namibiese dollar te belê in sy omstrede Leonardville in situ logingsprojek wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en die vreedsame gebruik van kernenergie bevorder. Sauma se voorsitter, Wolfi Teichert, wat self in mynwese gewerk het, het verwys na 'n verslag van die Internasionale Atoom-energie Agentskap en sê die Russe se syfers is nie korrek nie en is inteendeel heeltemal misleidend. Die hoeveeheid bronne is verkeerd en dus ook die leeftyd van die myn.
22 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'

Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
1 May 1AM 1 min

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min

Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus

Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
30 Apr 11AM 1 min