Verskeie struikelblokke lei tot trae aartappelproduksie

Loading player...
Namibië se aartappelbedryf sukkel om tred te hou met die plaaslike vraag en produseer minder as 'n kwart van wat die land jaarliks verbruik. Terwyl die jaarlikse verbruik meer as 40 000 ton is, staan die plaaslike produksie op net meer as 8 000 ton. Die Akkerbouraad sê informele markte maak meer as 40 persent van plaaslik geproduseerde aartappels uit, wat die groeiende rol van ongereguleerde handel in die voorsieningsketting onderstreep. Landboukenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus redes gegee wat produsente ontmoedig om die sektor te betree.
23 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rundu-polisie soek gemaskerde reeksverkragter

Die polisie in Rundu vra die publiek se hulp om 'n gemaskerde man op te spoor wat daarvan verdink word dat hy agt vroue in afsonderlike maar moontlik gekoppelde aanvalle verkrag het. NamPol se misdaadondersoekkoördineerder, adjunk-kommissaris Bonifatius Kanyetu, sê die jongste voorval het Vrydag omstreeks 4-uur die middag in die…
24 Feb 2AM 1 min

DA dien bykomende bewyse oor korrupsie by Prasa in

Die DA sê hy sal bykomende bewyse by die Openbare Beskermer indien as deel van die voortgesette ondersoek na die Passasierspooragentskap - Prasa. Dit volg op nuwe onthullings oor beweerde korrupsie en misstappe met verkryging uit algemene opknappingskontrakte van 7,5-miljard Suid-Afrikaanse rand vir treine. Chris Hunsinger van die DA sê…
24 Feb 2AM 1 min

Geen vertroue in SA se regstelsel nie

Action Society sê openbare vertroue in die regstelsel is op die randjie van ineenstorting. Volgens hul nuut bekendgestelde vertrouensaanwyser het vertroue in die strafregstelsel slegs vier uit 100 punte behaal, met die meeste respondente wat glo misdadigers kom weg met ernstige oortredings terwyl vertragings in polisie- en hofprosesse kritieke vlakke…
24 Feb 2AM 1 min

Zelensky praat op vierde herdenking van aanval

Die oorlog in Oekraïne betree môre sy vyfde jaar met die inval deur Rusland wat vandag vier jaar gelede begin het. President Volodymyr Zelensky het met CNN se Clarissa Ward gepraat oor sekerheidswaarborge, wat steeds nie deur die VSA onderteken is nie.
24 Feb 2AM 1 min