Ses mense steeds vermis by Kampterrein-grondstorting

Loading player...
Reddingspogings gaan voort om na ses vermiste mense, insluitend twee tieners, te soek na die grondstorting in ʼn kampterrein by Mount Maunganui op Nieu-Seeland se Noord-eiland. Swaar reën het tot die grondstorting by die gewilde kampplek gelei waar gesinne tydens die skoolvakansie ontspan het. Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, sê die reddingsoperasie is steeds uitdagend:
23 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rundu-polisie soek gemaskerde reeksverkragter

Die polisie in Rundu vra die publiek se hulp om 'n gemaskerde man op te spoor wat daarvan verdink word dat hy agt vroue in afsonderlike maar moontlik gekoppelde aanvalle verkrag het. NamPol se misdaadondersoekkoördineerder, adjunk-kommissaris Bonifatius Kanyetu, sê die jongste voorval het Vrydag omstreeks 4-uur die middag in die…
24 Feb 2AM 1 min

DA dien bykomende bewyse oor korrupsie by Prasa in

Die DA sê hy sal bykomende bewyse by die Openbare Beskermer indien as deel van die voortgesette ondersoek na die Passasierspooragentskap - Prasa. Dit volg op nuwe onthullings oor beweerde korrupsie en misstappe met verkryging uit algemene opknappingskontrakte van 7,5-miljard Suid-Afrikaanse rand vir treine. Chris Hunsinger van die DA sê…
24 Feb 2AM 1 min

Geen vertroue in SA se regstelsel nie

Action Society sê openbare vertroue in die regstelsel is op die randjie van ineenstorting. Volgens hul nuut bekendgestelde vertrouensaanwyser het vertroue in die strafregstelsel slegs vier uit 100 punte behaal, met die meeste respondente wat glo misdadigers kom weg met ernstige oortredings terwyl vertragings in polisie- en hofprosesse kritieke vlakke…
24 Feb 2AM 1 min

Zelensky praat op vierde herdenking van aanval

Die oorlog in Oekraïne betree môre sy vyfde jaar met die inval deur Rusland wat vandag vier jaar gelede begin het. President Volodymyr Zelensky het met CNN se Clarissa Ward gepraat oor sekerheidswaarborge, wat steeds nie deur die VSA onderteken is nie.
24 Feb 2AM 1 min