Ubuntu-motorfietsbyeenkoms gaan Karibib laat dreun

Loading player...
Die 10de been van die Ubuntu-motorfietsbyeenkoms vind Sondag op Karibib plaas, met verskillende klubs en hulle ondersteuners wat byeenkom vir die plaaslike been van ‘n internasionale byeenkoms. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die besonderhede.
23 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rundu-polisie soek gemaskerde reeksverkragter

Die polisie in Rundu vra die publiek se hulp om 'n gemaskerde man op te spoor wat daarvan verdink word dat hy agt vroue in afsonderlike maar moontlik gekoppelde aanvalle verkrag het. NamPol se misdaadondersoekkoördineerder, adjunk-kommissaris Bonifatius Kanyetu, sê die jongste voorval het Vrydag omstreeks 4-uur die middag in die…
24 Feb 2AM 1 min

DA dien bykomende bewyse oor korrupsie by Prasa in

Die DA sê hy sal bykomende bewyse by die Openbare Beskermer indien as deel van die voortgesette ondersoek na die Passasierspooragentskap - Prasa. Dit volg op nuwe onthullings oor beweerde korrupsie en misstappe met verkryging uit algemene opknappingskontrakte van 7,5-miljard Suid-Afrikaanse rand vir treine. Chris Hunsinger van die DA sê…
24 Feb 2AM 1 min

Geen vertroue in SA se regstelsel nie

Action Society sê openbare vertroue in die regstelsel is op die randjie van ineenstorting. Volgens hul nuut bekendgestelde vertrouensaanwyser het vertroue in die strafregstelsel slegs vier uit 100 punte behaal, met die meeste respondente wat glo misdadigers kom weg met ernstige oortredings terwyl vertragings in polisie- en hofprosesse kritieke vlakke…
24 Feb 2AM 1 min

Zelensky praat op vierde herdenking van aanval

Die oorlog in Oekraïne betree môre sy vyfde jaar met die inval deur Rusland wat vandag vier jaar gelede begin het. President Volodymyr Zelensky het met CNN se Clarissa Ward gepraat oor sekerheidswaarborge, wat steeds nie deur die VSA onderteken is nie.
24 Feb 2AM 1 min