Perdebye ruk Otjivero-skool tot stilstand

Loading player...
Nanso het Donderdag die onmiddellike sluiting van die Otjivero Gekombineerde Skool in die Omaheke-streek geëis weens 'n ernstige perdeby-infestasie, totdat die perdebye verwyder is. Leerders en onderwysers is herhaaldelike kere deur die perdebye gesteek en sommige is moes huis toe gestuur word. Die skool is toe wel gesluit tot die probleem opgelos is. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se president, Dorthea Nangolo gepraat.
25 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ID-bedrogskema in SA saam met Interpol ontbloot

Die Spesiale Ondersoekeenheid het, in samewerking met Interpol, 'n groot identiteitsbedrogskema ontdek waarby buitelandse burgers betrokke is, deur Suid-Afrikaanse paspoorte en vlugtelingaansoeke te gebruik. Die waarnemende hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Leonard Lekgetho, sê amptenare sweer saam om foto's te vervang deur burgers se vingerafdrukke te gebruik. Lekgetho sê die…
24 Feb 12AM 1 min

Kaoko Fria Smart City soek werkers

'n Werkverskaffingsveldtog gekoppel aan die Kaoko Fria Smart City en diepseehaweprojek word reg oor die land van stapel gestuur, met ‘n siftingsproses wat nou in Windhoek aan die gang is. Kaoko Fria Investment-woordvoerder Immanuel Nghifikwa sê die siftingsproses waarborg nie 'n werk nie, maar is oop vir alle Namibiërs van…
24 Feb 12AM 1 min

Begrotings, sonde-belasting en sindikate

Terwyl Namibië se nasionale begroting Donderdag ter tafel gelê word, is dit die buurland se beurt Woensdagmiddag. Terwyl Namibië ook uitdagings ervaar met drank- en sigaretsmokkelary, is dit nie naby die vlakke van Suid-Afrika nie. Tax Justice South Africa waarsku die finansminister, Enoch Godongwana, teen die verhoging van "sonde"-belasting voor…
24 Feb 12AM 1 min

Wat beteken Meatco se bedryfswins eintlik

Reaksie word ontvang op Meatco se operasionele wins van 106 miljoen Namibiese dollar in 2025, 'n beduidende verbetering op die vorige jaar se verlies van 150 miljoen dollar. Kritici voer aan dit word versterk deur boekinskrywings soos waardevermindering en die regering se droogtehulpprogram vir 2024-2025, wat die deurset kunsmatig opgeblaas…
23 Feb 11PM 1 min