Steenhuisen reageer op Sakeliga se BKS-eise

Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het kommer uitgespreek oor die prokureursbrief wat van Saai, Sakeliga en Vrystaat Landbou ontvang is. Daarin word geëis dat vee-eienaars toegelaat word om diere privaat in te ent. Dit volg te midde van die land se ergste uitbreking van bek-en-klouseer. Joylene van Wyk van die Departement van Landbou sê hierdie regsgeding wil die Wet op Dieresiektes aanval waaronder die regering binnekort entstowwe sal bekom en die inentingsveldtog begin:
28 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min

Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus

Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
30 Apr 11AM 1 min

InfoMSME-hub staan klein besighede met raad en daad by

Die Konrad Adenauer-stigting het in samewerking met die Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad amptelik die InfoMSME-hub bekendgestel. Die aanlyn-platform is geskep om mikro, klein en medium ondernemings en nuwe besighede te help om die ondersteuning wat hulle benodig makliker te vind. Gebruikers kan sakeondersteuningsdienste verken, geleenthede ontdek, toegang tot nuttige hulpbronne kry…
30 Apr 10AM 1 min

Land is finansieel stabiel, gou van gryslys af: BoN

Die Bank van Namibië het vandag in die hoofstad saam met Namfisa, Namibië se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel. Volgens die twee finansiële instansies is daar geen risiko’s vir die land nie. Anna William, adjunkdirekteur van finansiële stabiliteit en makroprudensiële toesig by die sentrale bank, gee meer inligting.
30 Apr 10AM 1 min