DA vra BKS-beskerming vir Noord-Kaap

Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap het die regering versoek om maatreëls te versterk om bek-en-klouseer uit te hou. Uitbrekings is aangeteken in drie buurprovinsies en Reinette Liebenberg van die DA sê provinsiale leierskap en nasionale pogings moet ooreenstem, insluitend inentingsveldtogte en biosekerheidstoepassing. Sy doen 'n beroep op die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Lebogang Motlhaping, om doeltreffende beheermaatreëls in te stel, dierebeweging te reguleer en die provinsie se vee, voedselsekerheid en landbou-ekonomie te beskerm:
2 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol en Gibeon-boere vergader

Talle landelike gemeenskappe regoor Namibië gaan gebuk onder stopery, veediefstal en algemene misdaad. Die Suide, spesifiek die Gibeon-gemeenskap en die boere in die gebied, het Saterdag 'n vergadering met NamPol gehou oor belangrike kwessies in die omgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Gibeon se NamPol-speurder Otto Andreas gepraat oor hoe…
6 Jul 5AM 1 min

Leon ontken alle bewerings dat hy onbehoorlik opgetree het

Voormalige DA-leier, Tony Leon, ontken alle bewerings dat sy skakel-firma, Resolve Communications, enige onbehoorlike politieke invloed in die regering van nasionale eenheid het. Dit volg na bewerings dat DA-ministers deur Leon beïnvloed word om met verteenwoordigers van Elon Musk se Starlink te vergader. Leon het tydens ʼn onderhoud met News24…
6 Jul 5AM 1 min

Menseregtekommissie ondersoek voedselstelsels

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal van vandag af die tweede deel van die Nasionale Ondersoekverhoor na Suid-Afrika se Voedselstelsels byeenroep. Die eerste fase van die verhoor is in Maart gehou, waartydens die kommissie voorleggings van 'n reeks belanghebbendes ontvang het. Die woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê die ondersoek is…
6 Jul 3AM 1 min

Hollick vat die BMW Internasionale Ope

Michael Hollick van Suid-Afrika het die BMW Internasionale Ope in München, Duitsland, gewen, sy eerste DP World Tour-titel in sy nuweling-seisoen. Die 39-jarige het afgesluit met 'n laaste rondte van 67 om 'n oorwinning met een hou oor sy landgenoot Hennie du Plessis te verseker. Oostenryk se Bernd Wiesberger was…
6 Jul 3AM 1 min

Sesde uitgawe van Business Summit Namibia bevestig

Die jaarlikse Business Summit Namibia se sesde byeenkoms sal later vandeesmaand plaasvind, met organiseerders wat ongeveer 1 000 deelnemers van regoor die land en die streek verwag. Die beraad, wat tot een van Namibië se toonaangewende platforms vir entrepreneurs en sakeleiers gegroei het, sal op 25 Julie by die Mercure…
6 Jul 3AM 1 min