Afrika se eie Fitch of Moody's sal lank vat vir vertroue

Loading player...
Die bekendstelling van die Afrika-kredietgraderingsagentskap word beskou as 'n goeie stap om 'n plaaslike alternatief vir globale graderingsagentskappe soos S&P, Moody's en Fitch te bied. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die agentskap Afrika kan help deur leenkoste te verminder deur billiker assesserings van Afrika-ekonomieë te verskaf. Hy sê egter dat die bou van vertroue met beleggers jare kan neem.
2 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol en Gibeon-boere vergader

Talle landelike gemeenskappe regoor Namibië gaan gebuk onder stopery, veediefstal en algemene misdaad. Die Suide, spesifiek die Gibeon-gemeenskap en die boere in die gebied, het Saterdag 'n vergadering met NamPol gehou oor belangrike kwessies in die omgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Gibeon se NamPol-speurder Otto Andreas gepraat oor hoe…
6 Jul 5AM 1 min

Leon ontken alle bewerings dat hy onbehoorlik opgetree het

Voormalige DA-leier, Tony Leon, ontken alle bewerings dat sy skakel-firma, Resolve Communications, enige onbehoorlike politieke invloed in die regering van nasionale eenheid het. Dit volg na bewerings dat DA-ministers deur Leon beïnvloed word om met verteenwoordigers van Elon Musk se Starlink te vergader. Leon het tydens ʼn onderhoud met News24…
6 Jul 5AM 1 min

Menseregtekommissie ondersoek voedselstelsels

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal van vandag af die tweede deel van die Nasionale Ondersoekverhoor na Suid-Afrika se Voedselstelsels byeenroep. Die eerste fase van die verhoor is in Maart gehou, waartydens die kommissie voorleggings van 'n reeks belanghebbendes ontvang het. Die woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê die ondersoek is…
6 Jul 3AM 1 min

Hollick vat die BMW Internasionale Ope

Michael Hollick van Suid-Afrika het die BMW Internasionale Ope in München, Duitsland, gewen, sy eerste DP World Tour-titel in sy nuweling-seisoen. Die 39-jarige het afgesluit met 'n laaste rondte van 67 om 'n oorwinning met een hou oor sy landgenoot Hennie du Plessis te verseker. Oostenryk se Bernd Wiesberger was…
6 Jul 3AM 1 min

Sesde uitgawe van Business Summit Namibia bevestig

Die jaarlikse Business Summit Namibia se sesde byeenkoms sal later vandeesmaand plaasvind, met organiseerders wat ongeveer 1 000 deelnemers van regoor die land en die streek verwag. Die beraad, wat tot een van Namibië se toonaangewende platforms vir entrepreneurs en sakeleiers gegroei het, sal op 25 Julie by die Mercure…
6 Jul 3AM 1 min