Moederwoud-boomplantprojek in SA geloods

Loading player...
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het deelgeneem aan 'n boomplantprojek by die Khayelitsha-hospitaal in Kaapstad. Die wêreldwye Moederwoud-boomplantprojek het ten doel om groen ruimtes te herstel en omgewingsbewaring te bevorder met die beginsel van 'n ma se liefde om lewe en gesondheid te herstel. Aucamp sê Suid-Afrika het verlede jaar sy teiken oortref toe 'n miljoen bome op 'n enkele dag geplant is:
2 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Menseregtekommissie ondersoek voedselstelsels

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal van vandag af die tweede deel van die Nasionale Ondersoekverhoor na Suid-Afrika se Voedselstelsels byeenroep. Die eerste fase van die verhoor is in Maart gehou, waartydens die kommissie voorleggings van 'n reeks belanghebbendes ontvang het. Die woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê die ondersoek is…
6 Jul 3AM 1 min

Hollick vat die BMW Internasionale Ope

Michael Hollick van Suid-Afrika het die BMW Internasionale Ope in München, Duitsland, gewen, sy eerste DP World Tour-titel in sy nuweling-seisoen. Die 39-jarige het afgesluit met 'n laaste rondte van 67 om 'n oorwinning met een hou oor sy landgenoot Hennie du Plessis te verseker. Oostenryk se Bernd Wiesberger was…
6 Jul 3AM 1 min

Sesde uitgawe van Business Summit Namibia bevestig

Die jaarlikse Business Summit Namibia se sesde byeenkoms sal later vandeesmaand plaasvind, met organiseerders wat ongeveer 1 000 deelnemers van regoor die land en die streek verwag. Die beraad, wat tot een van Namibië se toonaangewende platforms vir entrepreneurs en sakeleiers gegroei het, sal op 25 Julie by die Mercure…
6 Jul 3AM 1 min

Twee vas in 2023 se R15m diefstal van edelstene

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die vermeende diefstal in 2023 van edelstene ter waarde van byna 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand by ʼn huis Killarney, Johannesburg. Die eerste verdagte is Vrydag vasgetrek terwyl die tweede persoon homself by die Edenvale-polisiekantoor oorgegee het. Direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping,…
6 Jul 3AM 1 min

GRN is verbind tot ruimtewetenskap

Terwyl Namibië die Konsep Nasionale Ruimtewetenskap- en Tegnologiewetsontwerp bekendstel, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah die China opsporings-, telemetrie- en bevelstasie in Swakopmund besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk uitvoerende direkteur vir Hoër Onderwys, dr. Lisho Mundia gepraat, wat sê die besoek beklemtoon die regering se toewyding aan die ontwikkeling…
6 Jul 2AM 1 min