Terwyl Namibië die Konsep Nasionale Ruimtewetenskap- en Tegnologiewetsontwerp bekendstel, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah die China opsporings-, telemetrie- en bevelstasie in Swakopmund besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk uitvoerende direkteur vir Hoër Onderwys, dr. Lisho Mundia gepraat, wat sê die besoek beklemtoon die regering se toewyding aan die ontwikkeling…
Die UDM in die Wes-Kaap sê die optrede teen onwettige alkoholvervaardiging en die inhegtenisneming van vyf verdagtes in Gugulethu lê 'n groter onwettige en nagemaakte alkoholkrisis in die provinsie bloot. Die UDM-voorsitter, Bulelwa Zondeka, sê onwettige en nagemaakte alkohol ondermyn wettige handelaars en voed 'n wyer alkohol-ekonomie wat reeds ernstige…
Australië het Engeland op Lord’s met sewe paaltjies verslaan en hul rekord met ʼn sewende T20 Wêreldbeker-titel vir vroue verbeter. Engeland se kaptein, Nat Sciver-Brunt, het ʼn onoorwonne 58 van 53 balle behaal en die gashere se telling na hul 20 boulbeurte was 150 vir vier. Daarna het Beth Mooney…
Uitspraak in die Grondwetlike saak van Brian Jaftha en Borro Ndungula om daggaverbruik in die land te wettig, word vanoggend om negeuur verwag. Die saak word deur 'n volle regbank, met regters Dinnah Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan aangehoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndungula gepraat. Hy sê hulle…
Die tyd raak min voor die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 op 18 Julie buite Uis sal plaasvind, en die organiseerders is opgewonde. Al die kategorieë is vol ingeskryf en organiseerders moes selfs die inskrywings beperk. Kosmos 94.1 Nuus het met organiseerder Riana Scholtz gesels.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.