Oekraïne noodsaaklik vir Navo se sekuriteit - Rutte

Loading player...
Die Navo-hoof Mark Rutte sê Rusland se jongste aanvalle op Oekraïne wys dat Moskou nie ernstig is oor vrede nie. Rusland het Maandagaand ʼn rekordgetal ballistiese missiele op Kiëf se energie-infrastruktuur afgevuur. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê meer as 70 ballistiese en kruismissiele, en 450 hommeltuie is gebruik. Rutte het gister Oekraïne se nasionale parlement toegespreek en sê dié land bly noodsaaklik vir Navo se sekuriteit:
4 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nored werk hard aan opvoeding vir leerders oor elektrisiteit

Nored-woordvoerder Simon Lukas het by die Ashihaya-laerskool in die Oshikoto-streek, waar kinders gereeld op kraginfrastruktuur rondklim, oor die kragverspreider se Takamisa-veldtog gepraat. Hy het die doelwitte en belangrikheid daarvan vir elektrisiteitsveiligheidsbewustheid en openbare opvoeding onderstreep. Lukas gee meer inligting oor die doel van die veldtog.
23 Feb 3AM 1 min

Enoch moet geld gee vir die inkomstediens

Cosatu vra die regering en minister van Finansies, Enoch Godongwana, om in Woensdag se begrotingsrede voorkeur te gee aan fondse vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die vakverbond sê die inkomstediens is een van die administrasie se suksesverhale wat belastinginvordering van 61-persent tot 67-persent verhoog het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die inkomstediens…
23 Feb 3AM 1 min

Kommer oor nuwe mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum het inligting ontvang dat 'n nuwe mynbou-aansoek ingedien is vir 'n ondergrondse steenkoolmyn op 'n terrein van ongeveer 5 500 hektaar op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die organisasie bestudeer tans die aansoek om die proses asook die moontlike omgewings-, sosiale en ekonomiese impak te evalueer. Lambert de…
23 Feb 2AM 1 min

Franse op pad na Grand Slam in Sesnasies

Frankryk het in die Stade Pierre-Mauroy in Lille ʼn 33-8-bonuspuntoorwinning oor Italië behaal en is ʼn stap nader aan ʼn Sesnasies Grand Slam en agtereenvolgende titels. Les Bleus het vyf drieë gedruk teenoor die een van Italië. Frankryk reis na Edinburgh om Saterdag, 7 Maart, teen Skotland kragte te meet…
23 Feb 2AM 1 min

Nampost gee opdatering oor uitbetalings

Nampost het aangekondig dat hulle betalings aan 72 persent van alle kontanttoelaagbegunstigdes vir die Februarie 2026-betalingsiklus voltooi het. Daar is egter mobiele eenhede wat steeds betalings doen. Die woordvoerder van Nampost, Joseph Theofelus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 1AM 1 min