VSA se regeringsluiting is beëindig

Loading player...
President Donald Trump van Amerika het die regeringbefondsings-wetsontwerp bekragtig en ʼn gedeeltelike regeringsluiting wat drie dae geduur het, beëindig. Die ooreenkoms wat Vrydag deur die Senaat goedgekeur is, is gister met 217 stemme teenoor 214 in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Dit bevestig die kongres se werk aan elf jaarlikse toedelingswetsontwerpe wat staatsagentskappe en -programme tot 30 September befonds. Trump sê die wetsontwerp is ʼn groot oorwinning vir Amerikaners:
4 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandstofheffings: Outa vra begrotingsbestuur

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. Outa se uitvoerende hoof, Wayne…
30 Apr 6AM 1 min

Graad gevang ... wat nou?

Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1…
30 Apr 6AM 1 min

Namfisa sê oor NHP-ondersoek

Namfisa ondersoek die Namibia Health Plan na 'n vlaag van diensontwrigtings en betalingsagterstande. Die probleme het op 1 April begin nadat die fonds sy bestuur na Universal Care oorgeskakel het. Met gesondheidsorgverskaffers soos tandartse en fisioterapeute wat massiewe onbetaalde eise rapporteer, het sommige verenigings reeds direkte betaling van pasiënte begin…
30 Apr 6AM 1 min

Transworld Cargo beplan tweede besending avo's na Nederland

Na die suksesvolle uitvoer van 400 ton vars avokadopere vanaf Zambië na Rotterdam in Nederland, is daar nog ‘n pluimpie vir TransWorld Cargo. Na die eerste besending ooit middel-Maart suksesvol na die Walvisbaai-hawe uitgevoer is, is ‘n tweede besending nou in die pyplyn. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se besigheid-ontwikkelings bestuurder…
30 Apr 6AM 1 min

Brent klim met 17% in afgelope week

Brent ru-olie het in die afgelope week met meer as 17 persent gestyg en terwyl die kommoditeit effe teruggesak het na 112 Amerikaanse dollar ‘n vat, het dit vroeë meer as 120 dollar bereik. Namibiese bestuurders sit op hete kole in afwagting op die Mei-brandstofprys wat volgende week in werking…
30 Apr 5AM 1 min